Laat jou kers brand.


 Teks: Efesiers5:6-14
 
‘n Nuwe grendel-greep. Ons staan voor ou uitdagings wat met hernude onsekerhede gevul is. Dit is winter, koud en nat. Dit is egter die afwesigheid van lig wat die duisternis in ons lewens inlaat.
 
Die duister van môre vul ons met ‘n warboel van gedagtes en emosies. Daar is geen skakelaar wat ‘n kits oplossing verskaf nie. Wat staan ons te doen? Daar is ‘n Chinese spreekwoord wat lui: Moenie die duisternis vervloek nie. Steek ‘n kers op. 
 
As Christene word ons geroep om deur ons lewe ‘n verandering te help bring. Efesiërs 5 roep ons om te leef as mense van die lig, want God se lig sal deur ons lewens ander mense aanraak en hulle help sien, want uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.  Dit kan oornag gebeur, of kan selfs ‘n leeftyd neem.
 
So is duisternis nie die afwesigheid van lig nie, maar word duisternis die megafoon van God se lewenslig.

 
Sien jou Sondag in jou huis by Huiskerk.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...