Gebed vir die week.

O Heilige God, ek begin insien
waarom my gebede so min effek het.
Dit is omdat ek meer begaan was
oor hoe ek met U praat,
as hoe U met mý praat.
Ek het nog nie verstaan nie dat die geheim van lewende geloof
daarin lê dat u lewende Woord in my hart moet wees.
U Woord sê tog duidelik:
Elke mens moet gewillig wees om te luister,
maar moenie te gou praat nie.
Here, leer my om nie so baie voor U te praat nie,
en meer en fyner te luister
na u stem in u Woord.
Leer my dat dit net is wanneer u Woord
deel word van my lewe,
dat ek volgens u wil sal kan bid.
Leer my dat, slegs wanneer u Woord
’n lewende krag in my is,
die werk wat ek vir U doen
lewende krag na buite sal hê.
Here, ek begin begryp dat dit wat u mond gespreek het
u hand sal doen.

 Andrew Murray

(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé 2014)


Seënwense sien jou Sondag in jou huis, 

Andrè




 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...