God se wêreld.


Volgens Annes Nel is geen vers in die Bybel vir ons meer bekend as die woorde van Johannes 3:16 nie:

"God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê."

Hierdie positiewe uitspraak in die Bybel sê dat ons die geliefdes van die Here is. God stort as't ware sy liefde op ons uit deur Jesus na ons toe te stuur.

Wie is ons? Die wêreld, sê Johannes. Die wêreld met al sy opstand en geweld, al sy hartseer en swaarkry, is die voorwerp van God se liefde. Sy doel was nog nooit om die wêreld te laat vergaan nie. God het Jesus na die wêreld gestuur juis om die wêreld van God se oordeel te verlos.
Is jy deel van die wêreld? Dan het Jesus vir jou gekom. 

Jesus het gesterf omdat God die héle wêreld liefhet.
- Dietrich Bonhoeffer

PS – Onthou ons laaste Bybelstudie vanaand om 20:00 op Zoom.

Seënwense, 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...