God se engele



Teks:  Daniël 6:23  My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. 
 
Vanaf Genesis tot Openbaring lees ons op verskeie plekke in die Bybel dat God se engele in Sy Naam optree. In die boek Daniël lees ons op meer as een plek dat die Here se engele ingetree het om Daniël en sy vriende te red uit die brandende oond en die leeukuil. In die Nuwe Testament bring die engele God se reddende boodskap van Jesus Christus wat gebore is; en in Sy eie Seun se uur van honger en nood versorg die engele Hom.
 
Oor die eeue heen is dit duidelik dat engele, as verteenwoordigers van God, die mens fassineer. Verhale soos die van Daniël en sy vriende gryp ons verbeelding aan en laat ons dink oor ‘hoe’ ons God se nabyheid moet verstaan. Veral in ons uur van nood, soek ons (onbewustelik) na die engele van God.

In Afrikaans noem ons weldoeners ook soms ‘engele’. Wanneer iemand in ons nood of tekort voorsien, is dit ‘n antwoord op ons gebede. Daardie persoon is God se gestuurde en die Here se ‘engel’ in jou lewe.
 
Gebed: Here, help my om U engele rondom my raak te sien. Help my om te sien waar ek in U diens kan wees. Dankie vir U liefde en teenwoordigheid.
 
Seënwense, Andre

 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...