Gebed.

 
 Om as gelowiges in hierdie wêreld te leef is soms ‘n uitdaging vir elkeen van ons. Dit voel soms of die dualisme tussen die geestelike wêreld (waarna ons leef) en die fisiese wêreld (waarin ons elke dag ‘n bestaan maak) net verder van mekaar verwyderd raak. Die praktiese gevolg is dat toegewyde gelowiges soms nie deel voel van die lewe hier op aarde nie; en dat hardwerkende volgelinge van Christus lou-warm voel, en soms twyfel oor hul finale heenkome.
 
1 Timoteus 2 onderrig ons oor gebed. Hy maak dit duidelik dat gebed die manier is hoe gelowiges in hierdie wêreld kan en moet leef. In gebed vra ons na die wil van God; soek ons na die roete waarheen God ons lei; en hoor ons God se stem en instruksie, en kry ons duidelikheid vir die praktiese lewe van elke dag. In gebed word ons geestelike wêreld en fisiese wêreld versoen en bymekaar gebring. Deur gebed skyn ons lente Lig en God se liefde sterker.
 
Die fondament waarop ons knieë rus, is dus God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade, word ons vir die wêreld en owerheid, veral hulle wat sonder God leef, ‘n stuk verkondiging van Christus se verlossing. – Dr C Pretorius.


Andrè
 

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...