Skone Lente Lig.

 Lente is ‘n tyd van nuwe lewe. Wanneer ons buite stap voel ons die vars, warm son op ons vel. Ons sien die helder bloeisels, blomme en kleure; selfs die bome se blare is opgehelder en skitter na die koue winter maande. Lente is die teken en tyd dat die ou koue afgesterf is en die nuwe oomblik gevul is met hoop.

 
Die term 'spring cleaning' vind vermoedelik sy oorsprong in die feit dat ons meer slaap in die wintermaande en gevolglik skoonmaak nalaat. In die lente is dit dan tyd om sake reg te ruk met ons nuut gevonde energie. Dit is wanneer ons skoonmaak, dat ons ontdek en werklik sien hoeveel stof opgegaar het; - As ons die hitte van die son voel, besef ons hoe koud die winter was; As ons die vroeë oggend lig sien,  besef ons hoe donker die nag was.
 
Johannes 1 maak dit duidelik – Jesus is die lig vir die wêreld. Die wêreld is donker en dit is slegs deur Jesus se Lig dat ons God se redding kan sien. Dit is slegs wanneer ek deur sy Lig kyk dat ek die stof rondom my raaksien en weet hoe om dit skoon te maak. Dit is slegs wanneer ek my afgestof het, dat ander die helderheid van sy Lig in my lewe sal kan sien skyn.  
 
Lekker spring clean!  Seën vir jou en die familie.
André


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...