Dit is die hande wat saak maak.
Daar is verskeie kere in die lewe wanneer ons wonder of ons woorde van bemoediging, omgee, raad en selfs teregwysing gehoor word. Ek dink veral aan die onderwerpe en gesprekke wat my ouers gereeld met my gehad het, en wat ek nou weer gereeld met my kinders het. Jesus het ook verskeie gesprekke met mense, en selfs sy dissipels gehad, waar dit duidelik is dat hulle nie sy woorde verstaan en selfs volg nie.
Soos Jesus se dissipels, verstaan ons meestal sake ook eers wanneer ons daaroor gedink het.
Die afgelope week het een van ons gemeentelede die volgende video vir my gestuur. Dit het my getref. Daarom stuur ek die video vir jou met die hoop dat jy hierdie woorde sal hoor, verstaan, jou eie maak en dit doen.
Geseënde week en sien jou Sondag by Huiskerk!
André
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|