Dit is die HANDE wat saak maak.

  
Daar is verskeie kere in die lewe wanneer ons wonder of ons woorde van bemoediging, omgee, raadgewing en selfs teregwysing gehoor word. Ek dink veral aan die onderwerpe en gesprekke wat my ouers gereeld met my gehad het, en wat ek nou weer gereeld met my kinders het. Jesus het ook verskeie gesprekke met mense, en selfs sy dissipels gehad, waar dit duidelik is dat hulle nie sy woorde verstaan en selfs volg nie.

Soos Jesus se dissipels, verstaan ons meestal sake ook eers wanneer ons daaroor gedink het.  

Die afgelope week het een van ons gemeentelede die volgende video vir my gestuur. Dit het my getref. Daarom stuur ek dit video (aangeheg) vir jou met die hoop dat jy hierdie woorde sal hoor, verstaan, jou eie maak en dit doen.

Geseënde week en sien jou Sondag by Huiskerk!

André
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...