Wees voorbereid.


Gisteraand het Prof Chris Whitty, die VK se mees senior mediese Dokter, baie duidelik aangedui dat die pad na die nuwe normaal waarin ons onsself bevind vir nog ‘n geruime tyd gaan voortduur. Die kollektiewe voorbereiding, deurlopende toewyding, harde werk en huidige maatreëls het gehelp dat die VK nou in ‘n beter posisie (as ‘n paar dae terug) is. Elkeen van ons het ons deel gedoen deur te luister, voor te berei en te doen wat gevra is.
 
Dit is ook wat ons geloof van ons vra. Elkeen van ons gaan elke dag, en veral ook in hierdie tyd, ‘n oomblik moet stilword saam God. Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aan te trek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
 
Efesiërs vertel ons meer hiervan. Sondag gaan ons stilstaan by Hoofstuk 2 en ek wil jou uitnooi om saam te kom luister, dink en leer wat God vir jou wil sê.

Ter voorbereiding heg ek graag ‘n video aan wat vir jou kortliks meer agtergrond en verduideliking gee oor die die boek van Efesiërs.
 
Lekker luister 
André
 



 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...