PAASFEES

  
2020 se Paasgebeure hou unieke uitdagings in. Elkeen van ons is in isolasie in ons eie huis. Die fisiese lyding in die aanloop tot Paasnaweek is ‘n realiteit. Die emosionele ‘onsekerheid en bekommernis’ oor ons en ons geliefdes se toekoms is uitputtend. ‘n Gevoel van ‘onwerklikheid’ is nou 'n realiteit teenoor ‘n ‘vyand’ wat ons nie kan sien, of selfs nou verstaan nie.
 
Psalm 22:2 lees “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?”. ‘n Gevoel wat elkeen van ons al oor gedink het; al gewonder het; miskien gevoel het. Jesus het dit aan die kruis ervaar. Daarom roep Hy: My God, my God, waarom het U my verlaat? (Markus 15:34). Jesus se pad na Golgota was fisies, emosioneel en geestelik uitputtend. Jesus is werklik Immanuel – God met ons. God het onder ons kom woon.
 
Sondag is weer HuisKerk by jou huis! Kom lees, dink en ondersoek saam die Woord van God.

Vind ook aangeheg ons gemeente-nuusbrief. Lekker lees!
 
Sterkte vir hierdie tyd en Seënwense vir jou en jou geliefdes
Andre

 
Kontak gerus vir my, of Ena indien ons jou kan bystaan in hierdie uitdagende tyd. Baie seën en sterkte.

andre@sagemeente.com of 078 4102 9307

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...