Paasfees.


2020 se Paasgebeure hou unieke uitdagings in. Elkeen van ons is in isolasie in ons eie huis. Die fisiese lyding in die aanloop tot Paasnaweek is ‘n realiteit. Die emosionele ‘onsekerheid en bekommernis’ oor ons en ons geliefdes se toekoms is uitputtend. ‘n Gevoel van ‘onwerklikheid’ is nou ons realiteit teenoor ‘n ‘vyand’ wat ons nie kan sien, of selfs heeltemal verstaan nie. 

Psalm 22:2 lees “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?”. ‘n Gevoel wat elkeen van ons al oor gedink het; al gewonder het; miskien gevoel het. Jesus het dit aan die kruis ervaar. Daarom roep Hy: My God, my God, waarom het U my verlaat? (Markus 15:34). Jesus se pad na Golgota was fisies, emosioneel en geestelik uitputtend. Jesus is werklik Immanuel – God met ons. God het onder ons kom woon. 

Sondag hou ons weer HuisKerk by jou huis! Kom lees, dink en ondersoek saam die Woord van God. 

Kontak gerus vir My of Helena indien ons jou kan bystaan in hierdie uitdagende tyd.

Sterkte vir hierdie tyd en Seënwense vir jou en jou geliefdes
Andre


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...