Gebed met die hande onder die kraan.


Ek hoop dit gaan sommer gesond en goed by jou en julle. Ek en Tanya is nog besig om die balans te vind tussen werk, huis-skool, gesond wees en speel sonder om te veel te bekommer. 

Elkeen van ons is verstom oor die tyd waarin ons is. Genadiglik is God se Hand van Lewe na ons elkeen gerig. Kom ons bid vanoggend saam tot ons Here.
 
Die water spoel oor my hande
maar die woorde steek vas in my keel.
Hoe bid ‘n mens in hierdie tyd?
Ons het nog nooit so iets beleef nie.
Heer, wees ons genadig.

Ek voel die seep tussen my vingers,
vryf my hande bo, onder, allekante.
Skoonwas.
Dis mos u metafoor, Here.
Maar hoe moet ons dit verstaan in so ‘n tyd?

Wat kan ek bid met my hande onder die kraan?
Ek dink aan die kwesbares,
en wonder of ek een is.
Heer, wees ons genadig.

U roep ons om te volg.
U stel die voorbeeld van deernis en diens.
Maar hoe gee ons op ‘n afstand om?
Of lê die omgee juis in afsydig bly?
Is hierdie ritueel van water en seep
ons nuwe sakrament?
Heer, wees ons genadig.

Om ons tuimel die markte.
Besighede ly skipbreuk
en soos drenkelinge spoel mense uit
op strande van wanhoop.
So iets het ons nog nooit beleef nie.

Ek was my hande in gebed:
Heer, wees ons genadig.
Neels Jackson

Kontak gerus vir My of Helena indien ons jou kan bystaan in hierdie uitdagende tyd.

Baie seën en sterkte. 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...