Nou het ek U self gesien

  
Die verhaal van Job is een van die aangrypendste verhale in die Bybel. Daar word diep nagedink en ernstige vrae op die tafel geplaas: Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Kan ons God manipuleer met goeie dade en 'n vrome lewenswyse? 

Job word geteken as 'n goeie en opregte man sonder gelyke, tog tref die een na die ander terugslag hom. Al hierdie dinge het Job ernstig laat nadink oor sy lyding in die lewe. Hoekom moes al hierdie dood, hartseer, verlies en lyding met Hom gebeur? Sy vriende probeer hom oortuig dat dit sy straf is vanweë sy sonde (Job 11, 15, 20), maar Job stem nie saam nie en dit intensifiseer Job se worstelstryd.

Lyding konfronteer ons met ons eie verganklikheid, ons weerloosheid teen die aanslae van die lewe en met God se bestaan en betrokkenheid.
Wat is Job se antwoord op lyding? Wat is ons antwoord op lyding? Wat sê ons belydenis oor lyding? Job en jou belydenis sê: Ons weet dat God bestaan. Ons weet dat Hy daar is. Selfs in die donkerste nag en diepste ellende is God daar (dink ook aan Psalm 23).

In Job 42:5 lees ons hierdie aangrypende woorde van Job:  "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien..." Dié wete is vir Job genoeg. Die wete is vir ons genoeg. Só bring selfs die swaarkry en lyding ons nader aan God, want Hy is saam met ons daar (Daniel 3). Dit alles dien tot ons saligheid.

Met erkenning aan Dr PJ Jordaan.

Kontak my gerus indien jy verdere vrae het, of sommer net wil gesels 078 4102 9307.
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...