Pilaar van Respek.


Respek is die fondasie van elke verhouding.  Respek en eerbied is  ook die element en pilaar van ‘n verhouding wat mense die meeste afskeep. Respek beteken om iemand anders se waarde raak te sien en te erken. Daarom is dit belangrik om jouself te respekteer (jy moet jou eie waarde raaksien en besef), sodat jy die ander mense in jou verhouding(e) kan respekteer.

Regdeur die Bybel word ons opgeroep om mekaar te respekteer. Wanneer ons dink aan hoe God na ons kyk, dan onthou ons – Hy het ons verskillend geskape, met unieke persoonlikhede en gawes. Hy wil hê jy moet jou eie talente ontwikkel en ander help om hulle gawes te ontdek en te groei. Jesus Christus het ons uitgenooi om na Hom te kom – soos ons is – en deel te wees van God se familie. Ons hoef nie minderwaardig en onseker te voel nie; ons hoef nie onsself te bewys of regverdig nie; want God gee aan jou waarde – “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê”. (Johannes 3:16).

Ons kommunikeer en bewys respek aan ander deur hulle te aanvaar. Om erkenning te gee. Jy kan hulle ondersteun, bemoedig. Jy kan hulle aanmoedig en opbou, veral wanneer hulle nie in hulself glo nie (1 Tessalonisense 5:11). Jy kan jou waardering van hulle duidelik maak en ook bevestig wanneer jy hulle admireer.

Geseënde week! 
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...