Pilaar van Respek

  
Respek is die fondasie van elke verhouding.  Respek en eerbied is die element en pilaar van ‘n verhouding wat mense die meeste afskeep. Respek beteken om iemand anders se waarde raak te sien en te erken. Daarom is dit belangrik om jouself te respekteer (jy moet jou eie waarde raaksien en besef), sodat jy die ander mense in jou verhouding(s) kan respekteer.

Regdeur die Bybel word ons opgeroep om mekaar te respekteer. Wanneer ons dink aan hoe God na ons kyk, dan onthou ons – Hy het ons verskillend geskape, met unieke persoonlikhede en gawes. Hy wil hê jy moet jou eie talente ontwikkel en ander help om hulle gawes te ontdek en groei. Jesus Christus het ons uitgenooi om na Hom te kom – soos ons is – en deel te wees van God se familie. Ons hoef nie minderwaardig en onseker te voel nie; ons hoef nie onsself te bewys of regverdig nie; want God gee aan jou waarde –
"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê”. (Johannes 3:16).

Ons kommunikeer en bewys respek aan ander deur hulle te aanvaar. Om erkenning te gee. Jy kan hulle ondersteun, bemoedig. Jy kan hulle aanmoedig en opbou, veral wanneer hulle nie in hulself glo nie (1 Tessalonisense 5:11). Jy kan jou waardering van hulle duidelik maak en ook bevestig wanneer jy hulle admireer.

Geseënde week!
Andrè
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...