Pilaar van Liefde

  
In elke verhouding is daar kritiese elemente, of pilare, wat die verhouding ondersteun en sterk maak. Liefde is van kardinale belang ten spyte van die tipe verhouding. Christus het aan ons Agape, of vriendskap-liefde kom leer, wat ‘n pilaar is vir elke verhouding en huwelik.
 
Liefde het verskillende kenmerke wat dit 'n belangrik kenmerk vir verhoudings maak. Dit laat jou veilig voel in jou verhouding; laat jou voel dat jy kan ontspan en net jouself kan wees; en altyd oop en eerlik met mekaar kan wees. Dit verseker jou dat jy nooit alleen is nie en dat daar iemand is wat altyd saam jou staan, in die moeilike en goeie tye, al stem hulle nie altyd saam jou nie. Liefde vervul ook die soeke om te behoort. Liefde gee om in woorde en dade; dit offer-op en maak tyd. Liefde doen weg met vooropgestelde idees en aanvaar mekaar vir wie ons is...veral wie ons is in Christus.
 
Hoe lyk jou liefdes-pilaar in jou verhouding?  Hoe gaan jy daaraan werk?
 
1 Korintiers 13 – En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
 
Gelukkige Valentynsdag.
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...