Pilaar van Vertoue

  
Elkeen van ons is uniek. Daarom is ons verhoudings kosbaar vir verkillende redes. Ons verwagtinge van mense verskil en die sake wat ons as belangrik ag, verskil ook. In elke verhouding is daar  kritiese elemente wat jou verhoudings opbou en versterk. Vertroue is die eerste saak wat ons almal baie belangrik ag, en waarsonder verhoudings nie kan groei nie.
 
Vertroue is ‘n gesonde afhanklikheid waarin ons van iemand anders afhanklik is vir die uitkoms. Dit laat ons ontbloot voel en soms voel ons daar moet ‘n bordjie wees wat sê: ‘handle with care’. Vertroue is vrywillig en kan nie afgedwing word nie. Dit is in wese ‘n houding, of ‘attitude’ wat uit drie dele bestaan.

Eerstens glo ons en is ons oortuig dat die ander persoon vertrou kan word.  Tweedens is daar ‘n emosionele reaksie op vertroue wat bevestig dat jy die ander persoon kan vertrou en dit vul jou met selfvertroue. Derdens word jou gedrag bepaal deur die vertroue wat jy in die persoon(e) en jul vriendskap het. Vertroue is wanneer jy water-trap en opreik na ‘n vriend/vriendin se hand en weet dat hul hand daar is om joune te gryp en op te trek.  Sonder vertroue is daar altyd twyfel en is dit moeilik om te groei en sterk te word in julle verhouding.
 
Watter mense in jou lewe vertrou jy, en hoekom?  Watter mense vertrou jy nie, en hoekom nie? Die groter vraag is sekerlik – kan mense op jou vertrou...?
 
Josua 1:9 - Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.
 
Vertrou op God!
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...