Om saam God te loop.


In Genesis is dit duidelik dat God saam met die mens wil wandel. Selfs nadat Adam en Eva gesondig het, het God gaan wandel in die tuin en hulle gaan soek (Genesis 3:8).  Genesis vertel verder van Enoch wat beskryf word as ‘n man wat saam God gewandel het (Gen 5:24); asook Noag (Gen 6:9) wat die ark gebou het.

In die Nuwe Testament het Jesus saam met  sy dissipels gewandel. Hy het hulle geleer van God se Woord en Wil. Jesus het God opnuut aan hulle openbaar as ‘n liefdevolle Vader wat saam hulle wandel deur elke dag (Nuwe Testament).

Vandag wil die Here steeds saam jou wandel. God smag daarna om saam te jou te loop op jou lewenspad. Daarom is sy arms van genade oop – gereed om jou te ontvang en nader te trek om saam Hom te wandel.

Geseënde week! 
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...