Immanuel.
God self is aan die werk deur die Kersgebeure. Vanaf die eerste mense, sondes, beloftes en profesieë tot en met vandag raak Sy Woord en Gees mense aan. Hy het Sy enigste Seun gestuur om as Gesalfde vir die mensdom in te tree, uit genade. Jesus Christus versoen die wêreld met God en maak so baie ander tot seuns en dogters (kinders) van God.
Jesus is nie ‘n god-mens nie. Hy is God met ons. Deur Jesus leer en ervaar ons dat God met ons is. Die kerk en sy geskiedenis is onlosmaaklik verbonde aan die Seun van God. Daarom werk Sy Gees vandag nog deur Sy kinders. Hy is werklik Immanuel.
God se belofte en bystand is vir jou.
Geseënde week.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
Vorige Briewe
Ysterklippe en veldblomme. | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|