Immanuel

 
 
God self is aan die werk deur die Kersgebeure. Vanaf die eerste mense, sondes, beloftes en profesieë tot en met vandag raak Sy Woord en Gees mense aan. Hy het Sy enigste Seun gestuur om as Gesalfde vir die mensdom in te tree, uit genade. Jesus Christus versoen die wêreld met God en maak so baie ander tot seuns en dogters (kinders) van God.

Jesus is nie ‘n god-mens nie. Hy is God met ons. Deur Jesus leer en ervaar ons dat God met ons is. Die kerk en sy geskiedenis is onlosmaakbaar verbonde aan die Seun van God. Daarom werk Sy Gees vandag nog deur Sy kinders. Hy is werklik Immanuel.
 
God se belofte en bystand is vir jou.

 
Geseënde week.
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...