Heilige Gees gebed

 
 
Here, Heilige Gees,
U waai soos die wind oor duisend koringlande,
binne en buite die grensdrade,
want u wind waai waar hy wil.
Here, Heilige Gees,
U is die son wat op die grond skyn
en die kleinste saadjie tot lewe laat ontkiem,
sodat dit tot ’n yslike boom kan groei.
Here, Heilige Gees,
U is die moederarend wat onder haar kleintjies sweef.
Uit die hoogtes hou U u kinders sorgsaam dop.
U is ver verhewe bo die storms van die wêreld.
Here, Heilige Gees,
U is die wit wolk waarin ons kan skuil.
U is die een wat ons by ons Broer Jesus bring,
sodat ons ons kop op sy skouer kan laat rus.
Here, Heilige Gees,
in die liefde van vriende bou U vir ons ’n gesellige huis.
Die hemel is oral waar U by ons is.
U sing u soet lied in elkeen se hart wat deur U by God uitkom.

James K Baxter

(na ’n tradisionele gebed uit Nieu-Seeland)
(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)

Andrè


 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...