Gebed vir familie



Bid is een van die belangrikste dinge wat ons kan doen vir ons familie en vriende. Geen familie of vriendskap is perfek nie, en geen verhouding probleemloos nie. Gebed gaan nie ons situasie soos towerkuns in ‘n oogwink verander nie, maar deur die proses van gebed versterk ons geloof en handig ons die worsteling oor aan Jesus.

Bid saam my…

Bid om ‘n hegte familie onder die een ware Koning Jesus Christus te wees. 
(Genesis 2:24; Joshua 24:15)

Here, dankie vir my familie. Dankie vir die vreugde, die leer, die trane en die oorwinnings wat ons huis vul. Dit is my gebed dat my familie U moet soek en volg, Here Jesus. Ek nooi U – kom woon in ons huis. Leer en lei ons. Laat U Woord die wortels van ons lewens word. Ons behoort aan U o God. Laat ons dade en woorde tot U eer wees. Laat ons met vergifnis en liefde op tree waar daar seer is. Mag U verheerlik word deur ons oorwinnings. In die magtige Naam van Jesus Christus, Amen.

Bid vir ouerskap waar Jesus Christus die kern van julle gesin vorm. 
(Spreuke 22:6; Deutronium 6:6-9) 

Dankie Here vir die gawe van ouerskap. Dit is ‘n voorreg om kinders van U te ontvang – gevul met vreugde en seën! Maar ek kan nie ‘n goeie en waardige ouer sonder U wees nie. Versterk my o God. Jesus my Here, help my om voorbeeldig te wees. Help my om woorde te spreek van liefde, goedheid, opbeuring, aansporing, vergifnis en teregwysing. Heilige Gees werk deur my wanneer ek nie weet wat om te doen nie, wanneer ek nie weet wat om te sê nie, wanneer ek raadop is, en wanneer my moed min is. Leer my om my kinders te dissiplineer, om hulle grense te bepaal, en hulle fondasie vas te lê. Vul my met moed Vader wanneer die toetsende golwe opkom. Wees my veilige vesting. Ek dra my ouerskap aan U op, in die naam van Jesus Christus, Amen. 
 
Andre

E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...