Gebed vir familie

 
 
Gebed is een van die belangrikste dinge wat ons kan doen vir ons familie en vriende. Geen familie of vriendskap is perfek nie, en geen verhouding probleemloos nie. Gebed gaan nie ons situasie soos towerkuns in ‘n oogwink verander nie, maar deur die proses van gebed versterk ons geloof en handig ons die worsteling oor aan Jesus.
 
Bid saam my…
 
Bid om ‘n hegte familie onder die een ware Koning Jesus Christus te wees.
(Genesis 2:24; Joshua 24:15)

Here, dankie vir my familie. Dankie vir die vreugde, die leer, die trane en die oorwinnings wat ons huis vul. Dit is my gebed dat my familie U moet soek en volg, Here Jesus. Ek nooi U – kom woon in ons huis. Leer en lei ons. Laat U Woord die wortels van ons lewens word. Ons behoort aan U o God. Laat ons dade en woorde tot U eer wees. Laat ons met vergifnis en liefde op tree waar daar seer is. Mag U verheerlik word deur ons oorwinnings. In die magtige Naam van Jesus Christus, Amen.
 

Bid vir ouerskap waar Jesus Christus die kern van julle gesin vorm.
(Spreuke 22:6; Deutronium 6:6-9)

Dankie Here vir die gawe van ouerskap. Dit is ‘n voorreg om kinders van U te ontvang – gevul met vreugde en seën! Maar ek kan nie ‘n goeie en waardige ouer sonder U wees nie. Versterk my o God. Jesus my Here, help my om voorbeeldig te wees. Help my om woorde te spreek van liefde, goedheid, opbeuring, aansporing, vergifnis en teregwysing. Heilige Gees werk deur my wanneer ek nie weet wat om te doen nie, wanneer ek nie weet wat om te sê nie, wanneer ek raadop is, en wanneer my moed min is. Leer my om my kinders te dissiplineer, om hulle grense te bepaal, en hulle fondasie vas te lê. Vul my met moed Vader wanneer die toetsende golwe opkom. Wees my veilige vesting. Ek dra my ouerskap aan U op, in die naam van Jesus Christus, Amen.
 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...