Familie eer.


In Eksodus 20:12 lees ons “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.” Hierdie is die vyfde gebod. Dit dien as ‘n brug tussen die gebooie oor God en die wat op ons naaste betrekking het. Dit is ook die enigste gebod met 'n positiewe belofte. 

Waarom gee God hierdie opdrag? Waarom gee die Here hierdie belofte aan ons? 
Al was Israel 'n patriargale tradisie, was vroue wat kinders gebaar het geseënd. Die kinders moes geleer word en 'n moeder se rol was eerbied waardig. Ouers met kinders was geseëndes van God. 

Seën kom met ‘n verantwoordelikheid. Die vyfde gebod het waarde vir ons hele familie.
Ouers moet hulle kinders leer om godvresend en gelowig te wees. Kinders leer deur te observeer (sien en hoor) en te oefen (doen). Die geloofwaardigheid van ouers se verhouding met ons Here sal kinders lei om Sy genade te aanvaar.
Kinders sal God se liefde in diepte verstaan en deurlopend poog om God in en deur hulle lewens te gehoorsaam. Die oproep om ouers te respekteer en te versorg as gevolg van hulle voorbeeld, geloof en liefde is ten diepste ‘n resultaat van die voorbeeld wat hulle navolg. Die voorbeeld van Jesus Christus.

‘n Leefstyl wat getuig van geloofsoortuiging hou positiewe gevolge in vir elkeen wat dit navolg. Dit word deel van ‘n familie se boustene en is die kompas wat hulle lewenspaaie rig. God se belofte is tot seën vir elkeen wat dit navolg.
 
Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...