Familie eer

 
 
In Eksodus 20:12 lees ons “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.” Hierdie is die vyfde gebod. Dit dien as ‘n brug tussen die gebooie oor God en die wat op ons naaste betrekking het. Dit is ook die enigste gebod met 'n positiewe belofte.

Waarom gee God hierdie opdrag? Waarom gee die Here hierdie belofte aan ons? Al was Israel 'n patriargale tradisie, was vroue wat kinders gebaar het geseënd. Die kinders moes geleer word en 'n moeder se rol was eerbied waardig. Ouers met kinders was geseëndes van God.

Seën kom met 'n verantwoordelikheid. Die vyfde gebod het waarde vir ons hele familie. Ouers moet hulle kinders leer om godvresend en gelowig te wees. Kinders leer deur te observeer (sien en hoor) en te oefen (doen). Die geloofwaardigheid van ouers se verhouding met ons Here sal kinders lei om Sy genade te aanvaar.

Kinders sal God se liefde in diepte verstaan en deurlopend poog om God in en deur hulle lewens te gehoorsaam. Die oproep om ouers te respekteer en te versorg as gevolg van hulle voorbeeld, geloof en liefde is ten diepste ‘n resultaat van die voorbeeld wat hulle navolg. Die voorbeeld van Jesus Christus.

‘n Leefstyl wat getuig van geloofsoortuiging hou positiewe gevolge in vir elkeen wat dit navolg. Dit word deel van ‘n familie se boustene en is die kompas wat hulle lewenspaaie rig. God se belofte is tot seën vir elkeen wat dit navolg.

Andre


 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...