Wat om te doen na rus

 
 
God gegewe rus is nie automaties aan Christenskap gekoppel nie. Sommige mense kan agterbly (Hebreërs 4:1) omdat hulle optrede en getuienis nie spreek van hulle verhouding met die lewende Here nie (Psalm 95:11). Die hele Ou Testament vertel van die onrus van Israel omdat hulle keer op keer vergeet en afgedwaal het van God se pad. God se genade was telkemale genoeg om elkeen wat na God teruggekeer het te omvou en weereens te versterk.
 
Aan die einde van ons vakansie, is dit belangrik om te besin oor ons verhouding met ons Here. Ons moet besin oor God se stem in die stilte (soos met Elia by Horeb); die Here se pad deur die see en die woestyn (soos Israel se uittog uit Egipte); God se teenwoordigheid in my blindheid (soos Simson) en my nood (vir Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego). Waar is God in jou lewe? Is Hy wat lewe gee deel van jou planne vir die res van 2019 en daarna?
 
God is steeds dieselfde God van die Bybel. Hy is daar vir ons in ons moeilikste en beste tye. Wanneer jy (terug) draai na Hom is Sy hand uitgestrek om jou te lei en te versterk. Ek wil jou nooi – strek jou uit na die lewende God…neem Sy hand en stap die September en elke uitdaging wat voorlê tegemoet met Ware rus en vrede, geanker in Sy genade.
 
Lekker rus die laaste paar dae.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...