Waarde van fisiese en psigiese Rus.


Die wêreld is besig. Mense hardloop rond om dinge gedoen te kry...en hoe hard mens ookal probeer, die lysie word nie korter nie. Asof dit nie genoeg is nie, wil almal alles dadelik hê of bereik. Alles is besiger en ‘tyd het minder’ geword, alhoewel almal weet dit nie waar kan wees nie.

Die Prediker worstel met dieselfde saak in hoofstuk 3. Hy maak dit duidelik – daar is ‘n tyd vir alles. Steeds vra hy die vraag in vers 9 – Wat kry die mense vir die werk waarmee hy hom vermoei?  Sy konklusie is eenvoudig – ons moet elke oomblik spandeer vir God.

Die sake wat ons prioritiseer; hoe ons besluite neem; en wanneer ons aan dinge aandag gee, is die essensie van ons uitdaging. Anders gestel – ons besluit wat ons doen; wanneer ons dit gaan doen; en hoeveel tyd ons daaraan gaan spandeer. Hierdie basiese beginsel het ‘n impak op jou persoonlike-, gesins- en geestelike lewe en gesondheid.

Mag jy tydens hierdie somer-rustyd - tyd spandeer om (weer) te ontdek waaraan jy tyd spandeer, saam met wie jy tyd wil spandeer; hoeveel van jou tyd gaan jy aan wat spandeer; en wat die prioriteite in jou lewe moet en gaan wees.

Lekker rus!
Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...