Die Reis

 

C.S. Lewis se vriendskap en gesprekke met geesgenote soos J.R. Tolkien het hom laat besef dat geloof ‘n reis is, en dat die Evangelie elke dag in ons verhoudings leef. Hy het hierdie reis-tema op die Bybel toegepas, en die resultate is verbysterend…

Adam en Eva en hulle reis uit die tuin van Eden. Kain se vertrek na ‘n ander land. Noag se vaart op die vloedwaters. Die verspreiding van die mense na die verwarring by die toring van Babel. Abraham en Sarah se reis vanaf Ur na Kanaän. Die kinders van Jakob se reis na Egipte. Die volk Israel se trek uit Egipte deur die woestyn. Die ballingskap in Babilonië. 

Die evangelie se boodskap van Jesus se reis vanaf God na die aarde. Sy ouers se vlugteling-reis na Egipte. Jesus se bedieningsreis deur die hele Israel en Judea. Sy reis na Jerusalem. Die reis na Golgota. En die reis van die evangelie en dissipels na Israel, Judea, Samaria en die hele wêreld.


Lewis se eie lewensreis het hom geleer dat geloof in almal ‘rondbeweeg’. Hy was nie ‘n teoloog nie, maar het sy skrywes gebruik om die sake aan te spreek wat in elke mens leef. So het die reis van soek, geloof en oortuiging die narratiewe fondasie gevorm van sy Narnia verhale en Space Trilogy. Gevolglik kan elkeen wat soek en vra, self sien en ontdek wat Christenskap en geloof is. 

Gaan kyk gerus Narnia en sien waarheen die reis jou lei.

Geseënde week,
Andrè

Indien jy weet van iemand wat siek is, of hulp nodig het kontak Andre by
andre@sagemeente.com  of    078 4102 9307

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...