Ander sake vir Geestelike Groei.


Soos met enige oefenprogram, is daar verskeie sake wat die kort- en langtermyn sukses daarvan kan beïnvloed of bepaal. So ook met ons geestelike oefenprogram. Daarom is dit belangrik om by nog ‘n paar noodsaaklikhede stil te staan. 

Bybelstudie is soos ‘n HITT oefen sessie. Dit is ‘n manier om dieper te delf in die Woord van God. Dit is belangrik om met gebed te begin en stil te word. Daarna moet die teks in sy geheel gelees en verstaan word. Gebruik betroubare bronne om jou te help ‘verstaan’ wat die Woord vir jou beteken. En dan, is dit belangrik om God se woorde toe te pas en dit te gaan uitleef.

Sakramente is die tekens wat God aan ons gee om Sy beloftes aan ons te bevestig. Die doop en die nagmaal is ons kerk se twee sakramente wat vir ons bevestig dat God se liefde, redding en genade vir elkeen van sy kinders bedoel is. Dit is belangrik om kerk toe te kom om hierdie tekens te kom waarneem en daaraan deel te neem. So kan jy self proe en sien dat God jou ken en roep. Hy wil hê jy moet Hom beter ken en verstaan.

Daaglikse Oordenkings is die tyd in die dag waarin jy God op ‘n intieme manier ontmoet en leer ken. Dit is ‘n vreugdevolle oomblik wat waarde het vir jou hele dag en lewe. Dit is nie ‘n plig nie, maar ‘n keuse om God ‘n prioriteit in jou dag en lewe te maak. Dit is ‘n voorreg om ‘n geredde kind van God te wees!

Vermy Versoekings. Versoekings is deel van ons lewe. Elkeen het verskillende versoekings. Selfs Jesus is versoek. Die vorm wat versoekings aanneem wissel en dit kom soms op die moeilikste tye. Dit is veral in tye wanneer ons vêr van God af voel, dat ons soms ingee. Dit is belangrik om in hierdie tye God se genade en Christus se redding te onthou. Dit is noodsaaklik om op te staan, terug te draai na God en weer reg te leef.

Sterkte en geseënde week.
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...