Elemente wat Geestelike groei kan help.


Wanneer ons oefen om ‘n verskil te maak – hetsy of dit is om fiks te word; gewig te verloor; spiere te bou; of net gesonder te wees – is daar wetenskaplik ondersteunende oefen-elemente wat jou program se sukses gaan bepaal. Die beste en mees suksesvolste planne, vorm‘n balans tussen strek-, fiksheid- en  kragoefeninge, uithouvermoë en ‘n gesonde dieet.

‘n Geestelike oefenprogram wat ons geestelike fiksheid en groei kan help, het verskillende elemente waaraan ons moet dink en waaroor ons moet besluit.

Besluit op ‘n plek waar jy voor God stil gaan wees. Die Afrikaanse gesegde: "‘n Goeie begin is half gewin," is van groot belang hier. Kies ‘n plek of stoel waar jy maklik kan lees, kan bid en wakker bly en na God kan luister. Dit sal goed wees om alles wat jy nodig het daar te hou - jou Bybel, pen, notaboek ens.

Besluit op ‘n tyd wanneer jy stil kan word by God en ook die skedule waarvolgens jy dit kan doen. Jy kan dalk met 10 minute begin, iemand anders het dalk tyd en behoefte vir ‘n uur – wat ookal jou skedule – begin deur 10 minute vir jou en God in te rig elke dag. Watter tyd van die dag jy ookal kies, kom hierdie afspraak na, en maak dit die beste en dinamieste persoonlike tyd van jou dag.

Besluit op’n struktuur vir jou stilte tyd oefening. ‘n Vaste struktuur maak jou tydsbesteding doelgerig. Dink oor hoeveel tyd jy aan watter elemente wil spandeer. Oorweeg dalk ‘n ‘agenda’ en dink aan die aktiwiteite wat jy wil doen – bybellees, gebed, lofprysing, 'podcast' luister en selfs dagboek hou.

Wees flexible met jou plan. Indien jy vashaak, her-evalueer jou plan en moenie bang wees om weer te begin nie.

Gaan word stil voor God en groei in jou geloof.
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...