Elemente wat geestlike groei kan help

 

Wanneer ons oefen om ‘n verskil te maak – hetsy of dit is om fiks te word; gewig te verloor; spiere te bou; of net gesonder te wees – is daar wetenskaplik ondersteunende oefen-elemente wat jou program se sukses gaan bepaal. Die beste en mees suksesvolste planne, tref ‘n balans tussen strek-, fiksheid-, krag- en uithouvermoë-oefeninge en ‘n gesonde dieet.
 
‘n Geestelike oefenprogram wat ons geestelike fiksheid en groei kan help, het verskillende elemente waaraan ons moet dink en waaroor ons moet besluit.

Besluit op ‘n plek waar jy voor God stil gaan wees. Die Afrikaanse gesegde: "‘n goeie begin is half gewin," is van groot belang hier. Kies ‘n plek of stoel waar jy maklik kan lees, kan bid en wakker by God kan luister. Dit sal goed wees om alles wat jy nodig het ook daar te hou  jou Bybel, pen, notaboek ens.

Besluit op ‘n tyd wanneer jy stil kan word by God en ook die skedule waarvolgens jy dit kan doen. Jy kan dalk met 10 minute begin, iemand anders het dalk tyd en behoefte vir ‘n uur – wat ookal jou skedule – begin deur 10 minute vir jou en God in te rig elke dag. Watter tyd van die dag jy ookal kies, kom hierdie afspraak na en maak dit die beste en dinamieste persoonlik tyd van jou dag.

Besluit op’n struktuur vir jou stilte tyd oefening. ‘n Vaste struktuur maak jou tydsbesteding doelgerig. Dink oor hoeveel tyd jy aan watter elemente wil spandeer. Oorweeg dalk ‘n ‘agenda’ en dink aan die aktiwiteite wat jy wil doen – bybellees, gebed, lofprysing, 'podcast' luister en selfs dagboek hou.

Wees flexible met jou plan. Indien jy vashaak, her-evalueer jou plan en moenie bang wees om weer te begin nie.
 
Gaan word stil voor God en groei in jou geloof.
 
Andrè


E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer: 078 4102 9307
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...