Jesus se glorieryke Hemelvaart is voorsiening van God. 

 
Terwyl die dissipels gekyk het hoe Jesus in die hemel opgeneem word, moes hulle effe verlore gevoel het. Die Here wat hulle gevolg het en waarop hulle gehoop het, was nou nie meer by hulle nie. 
 
Tog was hulle enkele dae later met die Heilige Gees vervul. Dit het hulle toegerus en op hulle pad geplaas as apostels. In die Naam van Jesus Christus, gedryf deur die Heilige Gees, het hulle in die bekende en die vreemde die evangelie verkondig, getuig, mense genees en wonders verrig.
 
Die Here voorsien vandag nog. Deur die Heilige Gees rus Hy ons toe vir maklike en moeilike situasies. In die Naam van Jesus Christus leef ons as Sy gesante van lig en liefde. Tot eer van die Vader getuig ons van Sy genade.
 
As ons vandag opkyk na die hemel, laat dit nie wees met ‘n gevoel van verlorenheid nie, maar ‘n sekerheid van God se teenwoordigheid in jou lewe. 
 
Geseënde Hemelvaart.
Andrè


 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...