Maniere om te blom



Daar is verskeie maniere hoe ons mense kan aanraak in die Naam van Jesus Christus. Ons kan vir -of saam mense bid; ons kan getuig van persoonlike ervarings; of ons kan net deur te glimlag en goeie maniere mense aanraak. Die vraag op baie van ons lippe is eenvoudig – wanneer die geleentheid homself voordoen, waarooren hoe kan ek oor God en sy Evangelie getuig.
 
Die begin is om die Heilige Gees te vertrou om jou te lei in die gesprek. Jy kan praat oor…

Die skepping se kompleksiteit en God as die Een wat dit gemaak het;
Die uniekheid van ons as mens en ons verhouding met God;
Jesus Christus – wat die persoon(e) weet van Hom en of hulle Hom ken;
Hoe God die Vader, Seun en Heilige Gees jou lewe persoonlik aanraak en die rol wat Hy in jou lewe het.

God wil ‘n verhouding hê met elkeen van sy kinders. Die Bybel is vol voorbeelde van mense vir wie God baie lief is – sterk gelowiges, sowel as sondaars wat God ontmoet het en na Hom gedraai het.
 
Luister na die Heilige Gees en blom waar jy geplant is.

Andrè

Selfoon nommer:078 4102 9307

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...