Blom waar jy geplant is - Die Hand wat jou voed. 


Om ‘n kind van God te wees is so eenvoudig, tog ook so ingewikkeld. Ons leef in ‘n wêreld waar ons sensitief is vir wat ons sê, doen en hoe ons ander mense kan laat voel. Die vraag wat baie van ons vra: Hoe kan en moet ek my Christenskap uitleef in ‘n post-moderne samelewing waar mense se opinies so uiteenlopend verskil? 

Daar is nie een regte antwoord nie, want elkeen van ons is uniek en die mense waarmee ons in aanraking kom, is ook verskillend. Daarom is dit belangrik om ons geloofswaarhede die middelpunt van ons lewens te maak – “Ek glo in God die Vader…die Seun…en die Heilige Gees…”. Dit is ook belangrik om ‘n verhouding met God te bou deur tyd met Hom te spandeer – in sy Skrif en in gebed.

Bowenal, moet ons onthou hoe dit werk om God se getuie te wees – om Sy blom te wees.  God red mense. Dit is nie ons werk om mense te oortuig nie. Dit is ons roeping om die Goeie Nuus en Liefde van God en Jesus Christus te deel met ander mense – ‘n glimlag, drukkie, guns, hulp of selfs net ‘n ferm- of diep gesprek.  Bid dat met wie jy ook al praat, die waarheid sal hoor en sal glo in die lewende God.

Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie.

Gaan blom waar jy geplant is, soos net jy kan! 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...