Blom waar jy geplant is - Die Hand wat jou voed



Om ‘n kind van God te wees is so eenvoudig, tog ook so ingewikkeld. Ons leef in ‘n wêreld waar ons sensitief is vir wat ons sê, doen en hoe ons ander mense kan laat voel. Die vraag wat baie van ons vra: Hoe kan en moet ek my Christenskap uitleef in ‘n post-moderne samelewing waar mense se opinies so uiteenlopend verskil?
 
Daar is nie een regte antwoord nie, want elkeen van ons is uniek en die mense waarmee ons in aanraking kom, is ook verskillend. Daarom is dit belangrik om ons geloofswaarhede die middelpunt van ons lewens te maak – “Ek glo in God die Vader…die Seun…en die Heilige Gees…”. Dit is ook belangrik om ‘n verhouding met God te bou deur tyd met Hom te spandeer – in sy Skrif en in gebed.
 
Bowenal, moet ons onthou hoe dit werk om God se getuie te wees – om Sy blom te wees.  God red mense. Dit is nie ons werk om mense te oortuig nie. Dit is ons roeping om die Goeie Nuus en Liefde van God en Jesus Christus te deel met ander mense – ‘n glimlag, drukkie, guns, hulp of selfs net ‘n ferm- of diep gesprek.  Bid dat met wie jy ookal praat, die waarheid sal hoor en sal glo in die lewende God.

Aangeheg is 'n bybelstudie stuk, vir jou persoonlike of groeps studie.
 
Gaan blom waar jy geplant is, soos net jy kan.

Andrè


E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer:078 4102 9307

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...