Mooi in 'n harde wêreld. 



Hebreërs 11:8-16

Mei maand is ‘n besonderse tyd van die jaar. Die bloeisels en blomme pronk en kleur die grys
winter-wêreld helder in. Dit is vreemd en byna “alien” om hierdie sagte en kneusbare blomme te sien groei in die harde grond. Hoe lekker is dit om een van hierdie blomme te ruik – so vars, geurig en lewend. Dit alles in ‘n wêreld waar hulle omring word deur die teenoorsgestelde.

Hebreërs verduidelik dat ons swerwers is, en dat ons tuiste saam God is. Christus stuur ons na hierdie deurmekaar, slinkse en vyandige wêreld toe met die opdrag: Gaan vertel, leer en wys hulle wat God se genade en liefde behels. Anders gestel – gaan wees die mooi, die smaak en die geur wat die wêreld verhelder met God se liefde.

Om ‘n Christen te wees is soortgelyk daaraan om ‘n blom te wees.  Gaan blom vir God, daar waar jy geplant is.

Vind aangeheg ons gemeente se nuusbrief vir Mei. Ons tema die maand is Nuwe Lewe.

Geseënde week.

Andrè

E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer:078 4102 9307

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...