Mooi in 'n harde wêreld. 

 
Hebreërs 11:8-16

Mei maand is ‘n besonderse tyd van die jaar. Die bloeisels en blomme pronk en kleur die gryse winter-wêreld helder in. Dit is vreemd en byna “alien” om hierdie sagte en kneusbare blomme te sien groei in die harde grond. Hoe lekker is dit om een van hierdie blomme te ruik – so vars, geurig en lewend. Dit alles in ‘n wêreld waar hulle omring word deur die teenoorsgestelde.

Hebreërs verduidelik dat ons swerwers is en dat ons tuiste saam God is. Christus stuur ons na hierdie deurmekaar, slinkse en vyandige wêreld toe met die opdrag: Gaan vertel, leer en wys hulle wat God se genade en liefde behels. Anders gestel – gaan wees die mooi, die smaak en die geur wat die wêreld verhelder met God se liefde.

Om ‘n Christen te wees is soortgelyk daaraan om ‘n blom te wees.  Gaan blom vir God, daar waar jy geplant is.
 
Vind aangeheg ons gemeente se nuusbrief vir Mei. Ons tema die maand is Nuwe Lewe.
 
Geseënde week.
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...