Jesus se woorde aan die kruis


Matteus 3:13-17 

Jesus se kruiswoorde is verweef in sy kruisverhaal en het diep betekenis ingehou vir die mense rondom Hom…

 “...Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” – Luk. 23:34 
 “...Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”  – Luk. 23:43
 “...Daar is u seun…Daar is jou moeder.”  – Joh.19:27
 “...My God, My God, waarom het U My verlaat?” – Matt.27:46
 “...Ek is dors.” – Joh.19:28
 “...Dit is volbring!” – Joh.19:30
 “...Vader in U hande gee ek My gees oor.” – Luk.23:46


Christus se kruiswoorde dra steeds betekenis vir ons vandag. Wanneer jy voor Christus se kruis staan, en jy hoor Hom hierdie woorde spreek, wat beteken dit vir jou…?  

Geseënde week,
Andrè
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...