Jesus se gehoorsame dood


Jesus se verheerliking en triomfantlike intog in Jerusalem word gevolg deur die Paasmaal saam Sy dissipels. Dit word egter versuur deur Judas se verraaiing, en daarna het die gety van gebeure onverwags en spoedig ‘verkeerd’ begin loop. Sy dissipels raak aan die slaap in sy uur van nood; Hy word gevange geneem en verraai deur Petrus; Hy word onregverdig veroordeel; Hy word gevonnis en is oppad na Golgota om gekruisig te word.

Dit was ‘n donker uur, maar dit was die uur waarvoor Jesus na die wêreld gekom het. Christus se boodskap was deurlopend duidelik: Hy het nie net gekom om te leer, te genees en wonders te doen nie – Hy het gekom om te ly en vir die mensdom se sondes te sterf.

Ek wil jou uitdaag – gaan lees die kruisverhaal oor die volgende maand en besef opnuut – Christus het vir jou gekom! 

Aangeheg is die Nuusbrief vir April.

Geseënde week,
Andrè
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...