Jesus se verlengde temptasie.


Direk na Jesus se doop is Hy die woestyn in gelei deur die Heilige Gees. Hy was daar vir veertig dae waartydens hy niks geëet het nie, en versoek is deur die satan. 

Die versoekings wat aan Jesus gestel is, was bedoel om Hom uit te daag om sy missie en bediening te omseil. Jesus het telkens die versoekings suksesvol van die hand gewys en dit beantwoord met ‘n teenstelling uit die Woord van God. God se Gees en Woord was Jesus Christus, die mens, se bron van krag. Hy het regdeur sy lewe versoekings van die hand gewys, deur God te ken en op die Gees staat te maak.

Vandag word ons ook telkens versoek. Hoe benader en oorkom ons versoekings? Of gee ons maklik in “want ons is mos sondig”?

God se Woord is meer beskikbaar vir jou as vir die mense van Jesus se tyd. God se Gees is aan my en jou gegee om ons by te staan in ons uur van nood. Ons is sondig, maar ons is nie hulpeloos nie – ons het die hulp en krag van die Almagtige God en “in die Naam van die Here” kan ons versoekings teenstaan en suksesvol oorwin.

Krag en Seënwense vir jou!
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...