Die Seun van God se lyding.
Die Seun van God se lyding het gestalte gevind deur sy menswording. Jesus is gebore tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus. Hy is gebore as 'n Hebreeuse seun in 'n eenvoudige en arm familie tydens 'n vreemde Romeinse sensus. Hy is gebore met onmiddelike gevaar vir sy lewe - Koning Herodus het hom laat soek om hom om die lewe te bring.
Hierdie aspek van Jesus se lewe was alreeds 'n aanduiding van die moeilike lewenspad wat vir Hom sou voorlê. Jesus, as die Seun van God, het afstand gedoen van sy hemelse heerskappy. Sy lyding was deel van sy menslike bestaan van sy geboorte af.
Lukas 2:1-7
Geseënde week,
Andre
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|