Van sit en staan


En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes.” 
- Openbaring 1:20

Na Christus se openbaring aan Johannes op Patmos gee Hy aan hom die opdrag om dit wat hy sien en beleef neer te skryf. Terselfdertyd verduidelik Christus die simboliese betekenis van die sewe sterre en die sewe kandelare. Dit verteenwoordig die sewe boodskappers en die sewe gemeentes. En die beste nuus: Hulle is in die hande van die lewende Christus. Daar is dus ‘n direkte, lewende verband tussen die opgestane Here en sy aardse kerk. Hy is nie afwesig nie. Hy beweeg rond tussen sy aardse familie van gelowiges. Hy bewaar en bemoedig hulle. Met sy reddende hand is Hy gedurig in hulle midde. Boonop is dit Christus se wil dat sy kerk dit moet weet. Johannes kry die opdrag om aan hulle te skryf en om hulle aan die beweeg te kry, want hulle het begin stagneer. Hulle het ‘n sittende, rondstaande kerk geword.  

Ons almal weet: “van sit en staan kom niks gedaan”. Ook nie in die kerk nie. Jy kan nie jou eie droom van ‘n groter impak vir die Here al sittende realiseer nie. Vergaderings is in sitting en ‘n Sondag is ook grotendeels al sittende. Dalk is dit die probleem – dat sukses van aktiwiteite in die kerk met die aantal sittendes gemeet word. Die Here vra eerder hoeveel mense Hom binne en buite hierdie samekomste getrou navolg…ons is immer sy dissipels en beelddraers. Christus wil hê dat ek en jy dit weet en sy wil begin uitleef.

- (met erkenning aan Professor Stephan Joubert)

Ons tema vir Januarie is KERK. Aangeheg is die tweede Bybelstudie. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie

Mag ons sy lewende kerk wees. 
Geseënde week, 

Andrè



(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...