"Van sit en staan.."


"En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes.”  Openbaring 1:20

Na Christus se openbaring aan Johannes op Patmos gee Hy aan hom die opdrag om dit wat hy sien en beleef neer te skryf. Terselfdertyd verduidelik Christus die simboliese betekenis van die sewe sterre en die sewe kandelare. Dit verteenwoordig die sewe boodskappers en die sewe gemeentes. En die beste nuus: Hulle is in die hande van die lewende Christus. Daar is dus ‘n direkte, lewende verband tussen die opgestane Here en sy aardse kerk. Hy is nie afwesig nie. Hy beweeg rond tussen sy aardse familie van gelowiges. Hy bewaar en bemoedig hulle. Met sy reddende hand is Hy gedurig in hulle midde. Boonop is dit Christus se wil  dat sy kerk dit moet weet. Johannes kry die opdrag om aan hulle te skryf en om hulle aan die beweeg te kry, want hulle het begin stagneer. Hulle het ‘n sittende, rondstaande kerk geword.  

Ons almal weet: “van sit en staan kom niks gedaan”. Ook nie in die kerk nie. Jy kan nie jou eie droom van ‘n groter impak vir die Here al sittende realiseer nie. Vergaderings is in sitting en ‘n Sondag is ook grotendeels al sittende. Dalk is dit die probleem – dat sukses van aktiwiteite in die kerk met die aantal sittendes gemeet word. Die Here vra eerder hoeveel mense Hom binne en buite hierdie samekomste getrou navolg…ons is immer sy dissipels en beelddraers. Christus wil hê dat ek en jy dit weet en sy wil begin uitleef.
- (met erkenning aan Professor Stephan Joubert)

Ons tema vir Januarie is KERK. Aangeheg is die tweede Bybelstudie. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie.

Mag ons sy lewende kerk wees. 
Geseënde week, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...