Vliegtuig geselsie


Ons het almal al langs iemand op die bus, trein of vliegtuig gesit. Meestal is elkeen redelik tot hulself afgesonder, maar soms ontstaan ‘n gesprek wat baie natuurlik kan ontwikkel, of baie ongemaklike stiltes tot gevolg het as die verkeerde onderwerp opgebring word. Geloof is een van hierdie onderwerpe; en ongelukkig is ons baie keer die persoon(e) wat die gesprek kort knip omdat ons onseker is oor wat om te sê.
Het jy al ooit gewonder oor ‘hoe’ om vir ‘n mede reisiger te vertel dat jy deel is van die Kerk? Hoe kan jy getuig van jou oortuiging?
 
Kyk na hierdie onderhoud met Pastor J. John  – ek hoop dit help jou om te sien dat gesprekke oor ons oortuigings baie kreatief en lekker kan wees. Wat ‘n voorreg om Jesus te volg!
 
Geseënde week!
Andrè



(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...