Kerk


Aan die begin van ‘n Nuwe Jaar is ons opgewonde oor alles wat voorlê en die moontlikhede wat die ‘onbekende’ kan bring. Die bekende skenk vir ons ‘n ‘fondasie’ vir die  ‘onbekende’  waarop ons reken om die nuwe toekoms aan te pak. So is dit ook met die Kerk en ons Gemeente.
                                 
In 2019 staan die Kerk voor meer uitdagings as ooit tevore. Ons gemeente is saam opreis agter God aan, omring deur ons geloofsfamilie wat ons bystaan en versterk. In Matteus 18:20 sê Jesus vir ons: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”  Dit is die fondasie van sekerheid wat ons elkeen moet gebruik om hierdie jaar aan te pak! Wat ook al die toekoms bring – God is Immanuel – Hy is met ons!
 
Ek is opgewonde oor wat die toekoms vir ons Gemeente inhou. Ek is seker oor die toekoms van die Kerk. Hoekom?  Omdat ek seker is van Wie in beheer is van my, my familie en my kerk.  Voorspoed vir 2019! Mag God jou hand, lewe en familie versterk!
 
 Seënwense,

Geseënde 2019

Andrè




(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...