Geseënde 2019


2018 is amper oor die hond se stert. Al wat oorbly is om terug te kyk na die jaar wat verby is, sake te evalueer en daaroor te besin in die volgende paar dae. Hopelik kan ons waardevolle lesse leer wat die komende jaar sinvol kan beïnvloed. Dit geld vir ons as individue, gesinne en as organisasies.

As Gemeente het 2018 vir ons betekenis gehad. God het inspraak gehad op persoonlike en individuele vlak wat tot ons elkeen gespreek het. Daar is verskeie sake wat ‘n impak gehad het op ons gesinne en families en is dit sake waarmee ons nog steeds worstel en handel. As Gemeente weet ons meer as ooit, dat ons verhouding met God nie ‘n enkele handeling is nie, maar ‘n lewensreis waarin ons, onsself voortdurend aan Hom verbind. As gemeente van Christus kan ons nie ‘n passiewe gemeenskap wees nie, aangesien ons Sy opdrag ontvang het en ons krag en rigting van Jesus af kom.

Ons is opreis saam God. Ons gemeente gaan 2019 in met ‘n hernude sin van opgewondenheid oor God se roepstem. Ons eredienste, prediking, kinders, bedieninge, leierskap en omgee, is daartoe gerig om ‘n baken van diensbaarheid te wees. Ons is die Here se Lig en Liefde in ‘n wêreld waar mense Hom meer as ooit nodig het. Ons is God se teenwoordigheid op aarde en ons stemme verkondig Sy evangelie en eer. Mag ek en jy groei in ons verhouding met die Almagtige God en mag ons saam met Koningin Elizabeth getuig dat ons verhouding met die Vader, Seun en Gees vir ons ‘n persoonlike betekenis en troos inhou waar ons ookal gaan.

Andrè
Hier is die nuusbrief vir Januarie. Daar is opwindende nuus oor aktiwiteite wat in Desember plaas gevind het, en inligting oor aktiwiteite wat in die volgende maand gaan plaasvind.
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...