Die ware sin van die Christusfees.


Wat is die ware sin en betekenis van Kersfees vir jou?

William Barclay, ‘n Skotse teoloog en Professor, het dit soos volg gestel…

Twee vriende het ‘n ernstige uitval gehad en hulle vriendskap is verbreek. Na ‘n tyd het die een vriend besef dat hulle nie so kan lewe nie: dit was dan so ‘n goeie vriendskap. Hy skryf toe ‘n brief aan sy eertydse vriend en pleit dat hulle vrede maak. Hy kry egter geen antwoord op sy brief nie. Maar hy het nie moedeloos geword nie en weer geskryf…en weer…en weer.

Op ‘n bitter koue wintersnag besluit hy toe om self na sy vriend toe te gaan en persoonlik by hom te pleit: Kom ons maak vrede!  Deur tierende winde en sneeu heen reis hy na sy vriend se huis. By die oopdeur herhaal hy weer die pleidooi. Sal sy vriend sy verskoning aanvaar? Sal hy nou “ja” sê?

God is die Vriend. In die paradys het daar kwaai vriendskap tussen God en sy mense gekom. God het deur sy profete baie liefdevolle briewe geskryf. Toe het Hy self in die Persoon van Jesus gekom. Het jy al vir Hom “ja” gesê?

Martin Luther het gesê: “Al is Christus duisend maal in Betlehem gebore, maar nog nie in jou hart nie, is dit vir jou ‘n nuttelose gebeurtenis”.  Mag hierdie Kersfees vir jou vol betekenis wees!

Geseënde week, 

Andrè Harmzen
(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...