Barmhartigheid met 'n "W".

   
Die saak wat my die meeste tref in die verhaal van die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37) is die deernis waarmee die Samaritaan die beseerde Jood help. Alhoewel hulle volke mekaar nie kon verdra nie, kyk hierdie Samaritaan verby rusie, nasie, volk, kleur en geloof sieninge. Hy sien die mens – die skepsel van God – raak. Hy sien sy nood raak, so asof hy sy pyn en seer kan voel en deel. Die einde van die verhaal maak elke keer my hart warm, wanneer die Jood aansterk in die herberg en die Samaritaan genoeg voorsien vir die Jood om ten volle te herstel.

Is dit nie wat met ons gebeur wanneer ons na Jesus se lewe kyk nie? Voel ons nie ook sy pyn en seer wanneer mense Hom veroordeel, verwerp en kruisig nie?  Maak Sy liefde, kruisdood en nagmaal nie ook ons harte warm nie?

Barmhartigheid kan ons ook met ‘n “W” spel – Warmhartigheid !  
 
Gebed: Vader, of dit vandag ganse, babagansies of mense is, help my om rem te trap en te help waar ek kan.  Amen (Scott Walker)

Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...