'n Ons Vader gebed.


Deel van ons geloofsuitdagings is om ons geloof te verwoord. Aan die eenkant om te verwoord wat ek glo sodat ander kan verstaan waarvan ek oortuig is. Aan die anderkant om my oortuigings te verwoord sodat my ander kan assosieer, leer en deel hê daaraan. 

Dit is my gebed dat jou artikulering opreg verteenwoordigend en ‘n lewende getuienis sal wees. 

‘n Ons Vader-gebed (outeur onbekend)

Ons Vader, wat nêrens woon nie en oral bly
Laat u Naam wyd en gewyd bly, hoe dit ook sy
Laat u ryk ons kom en gaan bepaal
U nuwe wêreld ons stukkie vir stukkie kom haal
Soos in die hemel, so ook op die aarde.
Leer ons om ‘n dag op ‘n slag te leef
En vergewe ons as ons die punt mis, nes ons ander vergewe
wat ook die punt mis.
Laat ons soeke nie in versoekings ontaard nie
En ons vind nie dié van die Bose wees nie
Want niks is soos U IS nie
En U is al en alles in ons wat IS
U IS en IS en IS
Vir ewig en ewig
AMEN.

Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...