Familie


Die Bybel leer ons baie oor familie, veral dat dit uiters belangrik is. ‘n Swak en geteisterde familie naam het nie baie beteken nie, en het gevolglik baie min geleentheid gebied vir diegene wat daavan deelgevorm het. ‘n Goeie en sterk familie naam het weer baie beteken en vir die nasate daarvan deure oopgemaak met eer, aansien en selfs vrees. Binne elke familie se geskiedenis is daar een of twee individue wat die ‘normale’ teenstaan en ‘n wending aanbring in hulle familie geskiedenis. Die verhale in die Bybel is deurweef met mense wat tussen hierdie twee uiterste familie-pole hulle lewenspad uitkerf.  
 
Die boodskap van die Bybel is egter groter as die naam en bloed waaraan jy verbind word deur jou geboorte. Jesus noem sy dissipels sy broers (Matteus 28:10). Deur God se genade is ons deel van Sy familie deur geloof. Daarom kan ons God ons Vader noem. Ons noem Jesus ons Heer. Ons noem die Heilige Gees ons vertrooster en versterker. So is die kerk God se liggaam en die gemeenskap van gelowiges. Ons gemeente is ‘n familie – ‘n geloofsfamilie. Ons geloofsfamilie word geken aan die liefde van God wat deur ons leef. Ons elkeen het ‘n rol te speel om God se familie te laat groei.
 
Sondag gaan ons twee mense groet wat ‘n baie belangrike rol gespeel het in ons gemeente se reis – Jan en Ella Bisschoff. Hulle het ons gemeente ondersteun en help stuur wanneer dit die nodigste was. Kom deel saam in komende Sondag se viering van God se genade!
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...